Helderberg Gemeente Jong Werkendes Winter Wegbreek

24-26 Mei 2024

Waar: Phillipskop Mountain Reserve net buite Stanford

Wat om te Verwag: ‘n lekker rustige, nie-kamp wegbreek om die winter ordentlik te verwelkom, as ook n kans om kop skoon te maak in die asemrowende mooi natuurskoon van die Klein Rivier vallei saam met mede gelowiges.

Dit gaan ‘n rustige naweek wees, sonder te veel op die program. Almal arriveer op hulle tyd vrydagmiddag/aand.  Daar sal varsgebakte brood, warm sop en n potjie bedien word vrydagaand, en ons kan net saam kuier om die kampvuur of die binnehuis kaggel, afhangend van die weer. As dit n mooi aand is, Sal n kenner vir ons n praatjie gee or die sterre in die hemel. As nie, geniet ons net mekaar se geselskap.

Saterdag oggend kan jy rustig wees. Of jy kan vroeg opstaan en die berge aanpak vir n hike, of berg fiets rit. Die kuese is joune. Om 11:30 sal ons almal vertrek om die vallei se wyne te gaan verken, met n besoek aan twee wynplaase, en n besoek aan die Klien River Cheeses plaas en fabriek. Die res van die middag kan jy rustig wees en dan om16:00 kry ons mekaar in Stanford vir n boot rit op die Lagoon, voordat ons terugkeer huistoe vir n feesmaal saam.

Sondag oggend staan jy weer rustig op wanneer jy wil, maar die wat wil kan saam as groep besoek gaan maak by die erediens by NG Gemeente Stanford, of net n lekker stille tyd in die berge geniet. Daarna kry ons mekaar vir n champagne breakfast met n privaat chef in die dorp. Van daar af groet ons mekaar, en maak weer ons pad huistoe.

Koste: R1550.00 pp. Die koste sluit in verblyf, aandetes en ontbyt, 2x wyn proe, kaas fabriek besoek en kaasproe, en boot rit op die lagoon. Sluit nie in middagetes, ekstra aktiwitiete of drinkgoed nie. 50% deposito is benodig om plek te bespreek, balans betaalbaar “on arrival”, kaart of kontant. 

Om jou plek te bespreek vir die naweek, klik op die link hieronder, en vul die registrasie vorm in.

Om jou plek te bespreek, klik op die link en voltooi die registrasie vorm